{"version":"1.0","provider_name":"Trigon Estate","provider_url":"https:\/\/www.trigonestate.co.za\/afrikaans","author_name":"Valerie","author_url":"https:\/\/www.trigonestate.co.za\/afrikaans\/author\/Valerie\/","title":"Hantering van Boedel Bates - Trigon Estate","type":"rich","width":600,"height":338,"html":"<blockquote class=\"wp-embedded-content\" data-secret=\"73fWgNevz8\"><a href=\"https:\/\/www.trigonestate.co.za\/afrikaans\/hantering-van-boedel-bates\/\">Hantering van Boedel Bates<\/a><\/blockquote><iframe sandbox=\"allow-scripts\" security=\"restricted\" src=\"https:\/\/www.trigonestate.co.za\/afrikaans\/hantering-van-boedel-bates\/embed\/#?secret=73fWgNevz8\" width=\"600\" height=\"338\" title=\"&#8220;Hantering van Boedel Bates&#8221; &#8212; Trigon Estate\" data-secret=\"73fWgNevz8\" frameborder=\"0\" marginwidth=\"0\" marginheight=\"0\" scrolling=\"no\" class=\"wp-embedded-content\"><\/iframe><script>\n\/*! This file is auto-generated *\/\n!function(d,l){\"use strict\";l.querySelector&&d.addEventListener&&\"undefined\"!=typeof URL&&(d.wp=d.wp||{},d.wp.receiveEmbedMessage||(d.wp.receiveEmbedMessage=function(e){var t=e.data;if((t||t.secret||t.message||t.value)&&!\/[^a-zA-Z0-9]\/.test(t.secret)){for(var s,r,n,a=l.querySelectorAll('iframe[data-secret=\"'+t.secret+'\"]'),o=l.querySelectorAll('blockquote[data-secret=\"'+t.secret+'\"]'),c=new RegExp(\"^https?:$\",\"i\"),i=0;i<o.length;i++)o[i].style.display=\"none\";for(i=0;i<a.length;i++)s=a[i],e.source===s.contentWindow&&(s.removeAttribute(\"style\"),\"height\"===t.message?(1e3<(r=parseInt(t.value,10))?r=1e3:~~r<200&&(r=200),s.height=r):\"link\"===t.message&&(r=new URL(s.getAttribute(\"src\")),n=new URL(t.value),c.test(n.protocol))&&n.host===r.host&&l.activeElement===s&&(d.top.location.href=t.value))}},d.addEventListener(\"message\",d.wp.receiveEmbedMessage,!1),l.addEventListener(\"DOMContentLoaded\",function(){for(var e,t,s=l.querySelectorAll(\"iframe.wp-embedded-content\"),r=0;r<s.length;r++)(t=(e=s[r]).getAttribute(\"data-secret\"))||(t=Math.random().toString(36).substring(2,12),e.src+=\"#?secret=\"+t,e.setAttribute(\"data-secret\",t)),e.contentWindow.postMessage({message:\"ready\",secret:t},\"*\")},!1)))}(window,document);\n\/\/# sourceURL=https:\/\/www.trigonestate.co.za\/afrikaans\/wp-includes\/js\/wp-embed.min.js\n<\/script>\n","description":"Hantering van Boedel Bates HOE SAL DIE EKSEKUTEUR OPTREE MET DIE ONDERSKEIE BOEDEL BATES? Na die afsterwe moet al die bates wat die persoon besit het, volgens die Testament mee gehandel word \u2013 dit kan of verkoop of aan die erfgename oorgedra word, soos uiteengesit in die Testament. As gevolg van die Kapitale Wins aspek, sal die Eksekuteur slegs die bates verkoop: Indien dit in die Testament so uiteengesit word; of Indien die Boedel onvoldoende fondse het en kontant gegenereer moet word om alle uitstaande skuld en uitgawes te delg, byvoorbeeld Krediteure, Prokureurs, Eksekuteursfooie en Waardasie Fooie. Die Eksekuteur sal die markverwante waarde verkry om die waarde van die oorledene se bates te bepaal.\u00a0 Die volgende waarde bepalings word deur SARS aanvaar: Eiendoms Agent waardasie\/geswore waardasie vir vaste eiendom (NIE DIE MUNISIPALE WAARDASIE NIE); Waardebepalings van motors word deur \u2018n professionele Motor Handelaar verskaf; Waardebepaling van Besigheid Bates word behartig deur \u2018n Ouditeur; Markwaarde van gelyste JSE aandele soos op die dag van afsterwe; Indien die Boedel belasbaar is met \u2018n Netto waarde van meer as R3,5M, of indien \u2018n minderjarige kind die begunstigde is, dan moet daar \u2018n waardasie van al die Bates gedoen word deur \u2018n Geswore Waardeerder. A) VASTE BATES VASTE EIENDOM Dieselfde re\u00ebls geld as met die verkoop van \u2018n gewone eiendom, die bate moet in die eggenoot of erfgenaam se naam geregistreer word. &#8216;n Akte- of Oordrag Prokureur moet aangestel word deur die Eksekuteur om die oordrag te doen. \u00a0DIE BOEDEL MOET LIKIED WEES SODAT DIE PROKUREURS BETAAL KAN WORD \u2013 GEEN HEREREGTE IS BETAALBAAR NIE \u2013 SLEGS OORDRAGSKOSTES. Die Eksekuteur kan net die eiendom verkoop indien die Testament daarvoor voorsiening maak, alternatiewelik, slegs indien die Boedel nie die nodige fondse het om die uitgawes te dek nie. B) ROERENDE BATES 1) VOERTUIE Voertuie sal oorgedra of verkoop word, soos in die Testament bepaal. Indien die eggenoot nie die voertuig\u00a0 oorneem nie, moet die Koper op eie onkoste \u2018n padwaardigheidsertifikaat verkry. 2) VUURWAPENS Die Eksekuteur moet gehoor gee aan die Vuurwapen Beheer Wet 60 van 2000. In die geval van afsterwe moet die Eksekuteur onmiddellik in kennis gestel word van enige vuurwapen(s) wat in die oorledene se naam geregistreer is en wag op verdere instruksies. BY VERSUIM HIERVAN KAN DIT LEI TOT VERVOLGING EN TRONKSTRAF. Die Eksekuteur kan slegs toestemming aan \u2018n erfgenaam verleen om \u2018n vuurwapen te stoor, indien die erfgenaam \u2018n geldige vuurwapen lisensie, en \u2018n goedgekeurde kluis besit. Die toestemming moet deur die SAPS geteken, gestempel en gedateer wees. Indien die toestemming verval, moet dit hernu word totdat oordrag van die vuurwapen(s) geskied het. Die vuurwapen(s) mag ook, op koste van die Boedel, by \u2018n goedgekeurde Vuurwapen Handelaar gestoor word, tot die oordrag plaasgevind het. Die vuurwapen(s) mag nie gestoor word deur \u2018n derde party nie. Indien die erfgenaam nie die vuurwapen(s) se oordrag wil aanvaar nie, kan die vuurwapen(s) deur die SAPS vernietig word, of dit kan verkoop word, indien die Eksekuteur daartoe instem. 3) AANDELE \/ EFFEKTETRUST Aandele sal oorgedra word na die erfgenaam, tensy die Eksekuteur dit moet verkoop as gevolg van onvoldoende fondse in die boedel. Die verkope mag dalk onderhewig wees aan verdere Kapitaalwinsbelasting. 4) MAATSKAPPYE \/ BK\u2019S Die Ouditeur sal \u2018n waardasie doen van die besigheid of aandele. Die aandele sal dan verkoop word, of oorgedra word, in ooreenstemming met die bepalings van die Testament. 5) TRUST (FAMILIE \/ INTER-VIVOS) Die Eksekuteur sal die waarde van \u2018n leningsrekening \/ bates op die datum van afsterwe bepaal en dit dienooreenkomstig hanteer. 6) KONTANTBATES BANKREKENINGE IN DIE NAAM VAN DIE OORLEDENE Die rekeninge sal gesluit word en die balans oorgedra word na die nuwe Boedel Bankrekening. BUITELANDSE BANKREKENINGE Die Testament behoort alle buitelandse bates te lys, asook die hantering daarvan. Die Eksekuteur sal \u2018n Prokureur in die buiteland aanstel om hom by te staan om die Bankrekening te sluit en die oordrag van die bates te behartig. 7) POLISSE OF LEWENSVERSEKERING BETAALBAAR AAN DIE BOEDEL Die Eksekuteur sal die opbrengs van die versekeraars invorder. BETAALBAAR AAN \u2018N DERDE PARTY Hierdie polisse word nie deur die Eksekuteur behartig nie. Dit is die gekose genomineerde se plig om \u2018n eis by die versekeraar in te dien. Alhoewel die Eksekuteur nie die eis behartig nie, vorm die opbrengs van die polis(se) steeds deel van die berekening van die Boedelbelasting. Indien die Boedel wel belasbaar is, sal die begunstigdes aanspreeklik gehou word vir die proporsionele bedrag van die Boedelbelasting, gebaseer op die polis opbrengs. Laai PDF af"}