loader image

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Boedel Administrasie

en die rol van jou Professionele Eksekuteer

A) BOEDEL ADMINISTRASIE

    • Dit is dikwels ingewikkeld en verwarrend.
    • Die Eksekuteur speel ‘n belangrike rol deur te verseker dat die administrasie proses in lyn met die Wet geskied en dat dit professioneel gedoen word.
    • ‘n Bestorwe Boedel kom tot stand wanneer ‘n persoon sterf en eiendom van enige aard agterlaat, soos byvoorbeeld, Vaste Eiendom, Voertuie, Beleggings ensovoorts.

B) WIE IS ‘N EKSEKUTEUR?

    • ‘n Eksekuteur is ‘n professionele persoon wat deur die Meester van die Hooggeregshof aangestel word om die wettige en rekenkundige administratiewe aspekte van die Boedel te behartig en te finaliseer.
    • NEEM KENNIS! WEES VERSIGTIG OM NIE ‘N GADE, KIND OF FAMILIELID AS EKSEKUTEUR IN ‘N TESTAMENT AAN TE WYS NIE, AANGESIEN DIE MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF NIE DIE NOMINASIE SAL AANVAAR, SONDER DAT ‘N PROFESSIONELE EKSEKUTEUR HULP EN ONDERSTEUNING BIED NIE.

C) HOEKOM IS ‘N EKSEKUTEUR NODIG?

    • Sommige Boedels bestaan uit ‘n ingewikkelde mengsel van Bates en Laste wat met behulp van ‘n ervare professionele Eksekuteur uitgesorteer en gefinaliseer moet word.
    • Die kompleksiteit van ‘n Boedel sluit ook wetlike gevolge in indien skuldeisers en / of erfgename nie korrek uitbetaal word nie.

D) WAT IS DIE ROL VAN DIE EKSEKUTEUR?

    • Om die tydige en doeltreffende afhandeling van die Boedel te verseker, in ooreenstemming met die Testament se voorskrifte.
    • Die Eksekuteur se posisie dra baie risiko’s en hy / sy word dus noukeurig deur die Meester van die Hooggeregshof gemonitor.

E) DIE EKSEKUTEUR

    • Tree op in ‘n verteenwoordigende hoedanigheid, namens die Boedel;
    • Tree in sy eie hoedanigheid op;
    • Die posisie is van ‘n fidusiêre aard en hy / sy moet wettig en in goeder trou optree;
    • Hy / sy is wettig beklee met die administrasie van die Boedel en is nie ‘n Agent vir die erfgename of krediteure nie;
    • Hy / sy kan gedagvaar word deur die erfgename en / of skuldeisers indien hy nie met die nodige sorg optree nie;
    • Hy / sy het sekere regte en pligte om uit te voer met die administrasie van die Boedel, soos in die Gemenereg en volgens die Administrasie van Boedel Wet uiteengesit.

1) TIPIESE PROSES VIR DIE EKSEKUTEUR OM TE VOLG

    • Stel die Meester van die Hooggeregshof in kennis van die Boedel en verkry toestemming om as Eksekuteur aangestel te word;
    • Neem besit van die Boedel eiendom;
    • Plaas ‘n Artikel 29 Advertensie in die plaaslike koerant, sowel as in die Staatskoerant. Dit is om alle Debiteure en Krediteure in kennis te stel om binne 30 dae van datum van die advertensie, hulle eise teen die boedel in te dien;
    • Bepaal die solvensie van die Boedel en verskaf terugvoer aan die krediteure, indien die Boedel insolvent is;
    • Open ‘n Boedel Bankrekening;
    • ‘n Opvolg fase om die aard en waarde van die Bates en Laste van die Boedel te bepaal. Dit is ‘n tydrowende proses en die dienste van ‘n spesialis mag benodig word, indien die Boedel belasbaar is, minderjarige begunstigdes het of indien daar ‘n dispuut tussen die erfgename ontstaan;
    • Ondersoek word ingestel ten opsigte van alle eise wat teen die Boedel ingedien is. Alle eise moet oorweeg word, waarna dit aanvaar of verwerp sal word. Indien ‘n eis verwerp / betwis word, is daar ‘n spesiale proses wat gevolg moet word;
    • Inkomstebelasting: Die oorledene se finale Belastingopgawe voor dood, plus enige ander uitstaande opgawes, moet voltooi en ingedien word. Kapitaalwinsbelasting moet bereken word omdat daar aangeneem word dat die oorledene al sy Bates net voor afsterwe gelikwideer het. Die verkryging van historiese inligting ten einde die Kapitaalwinsbelasting se berekening te doen, kan vinnig in ‘n nagmerrie ontaard;
    • Die Boedel moet as ‘n Belastingbetaler by SARS geregistreer word en alle Belastingopgawes wat verband hou met die Boedel, moet voltooi en by SARS ingedien word;
    • Nadat daar aan al die bogenoemde vereistes voldoen is, moet die Eerste en Finale L&D rekening opgestel en by die Meester ingedien word vir goedkeuring;
    • Na die goedkeuring van die L&D rekening, moet ‘n Artikel 35 Advertensie geplaas word in die plaaslike koerant en in die Staatskoerant. Die L&D rekening sal beskikbaar wees by die plaaslike Landdroshof, sowel as by die Meester van die Hooggeregshof, vir 30 dae inspeksie deur die publiek / ander belanghebbendes;
    • Indien daar geen besware aangeteken word nie, kan die Eksekuteur voortgaan om die krediteure, asook die erfgename, te betaal.

2) TIPIESE GEBEURE WAT KAN VEROORSAAK DAT ALLES NIE VLOT VERLOOP IN DIE BOGENOEMDE PROSES NIE

    • Die Testament wat gekant is teen die verkoop van sekere bates;
    • Egskeiding en / of onderhoudseise;
    • Aanwas berekeninge;
    • Besware teen eise;
    • Onderhoudseise in terme van die Langslewende Gades Wet, of kinders wat buite die eg gebore is;
    • Dagvaardiging uitgereik as gevolg van agterstallige verband kostes – hier is dit dikwels nodig dat ‘n prokureur intree en ‘n kennisgewing uitreik om die saak te verdedig;
    • Likiede Boedels – daar moet eenstemmigheid bereik word oor die likiditeit wat benodig word om die administrasie proses te finaliseer. Dit is veral wanneer die enigste bate ‘n vaste eiendom is wat die primêre woning van die familie is.  Dit kan lei tot lang onderhandelinge en ook potensiële uitsettingsbevele;
    • Herverdelingsooreenkoms / te;
    • Nie-residensiële erfgename wat nie formeel geëmigreer het nie;
    • Versoeke om huurooreenkomste aan te gaan na die sterfdatum – in sommige gevalle word Hof sanksies benodig.

F) ADMINISTRATIEWE UITGAWES

    • Die Eksekuteurs Vergoeding word vervat in die Wet en is tans as volg:
    • 3.5% plus BTW op die Bruto waarde van die Boedel;
    • 6.0% plus BTW op inkomste verdien en ingevorder na die sterfte datum;
    • Die Advertensie kostes in die plaaslike koerante en die Staatskoerant (x2);
    • Oordragskoste om die vaste eiendom oor te dra;
    • Meester se Fooie;
    • Posgeld en Ander;
    • Boedel Bankkostes;
    • Beëdigde Waardasie Fooie;
    • Eiendomsbelasting en Uitklaringsertifikaat koste;
    • Professionele Fooie vir die voltooiing en indiening van agterstallige voor-afsterwe Belastingopgawes en Boedel opgawes.
Termes en Voorwaardes