Hantering van ander Bates
A) WAT GEBEUR MET MY PENSIOENFONDS EN LEWENSVERSEKERING?
- Pensioen- en Annuïteit fondse word deur die Trustees van die fonds bestuur.
- Die bedrag en voordele wat betaal word en aan wie dit betaalbaar is, word deur die Trustees van die fonds bepaal en vorm nie deel van die Boedel nie.
- Indien ‘n Lewensversekeringspolis ‘n begunstigde benoeming het, sal die opbrengs direk aan die begunstigde uitbetaal word en nie deur die Eksekuteur behartig word nie.
- Die opbrengs van sodanige polis sal egter wel by die waarde van die Boedel getel word en daar mag dalk Boedelbelasting betaalbaar wees op die opbrengste.
- Polisse met geen gespesifiseerde begunstigde nie, sal aan die Boedel uitbetaal word en die Eksekuteur sal dit behartig.
- ‘n Lewensversekeringspolis wat aan die Boedel betaalbaar is, is die goedkoopste manier om al die Boedelbelasting en ander fooie te betaal. Dit behoort ‘n belangrike aspek van Boedel beplanning te wees. Ons kan jou hiermee behulpsaam wees deur jou te verwys na ‘n onafhanklike professionele FAIS geregistreerde makelaar.
B) WANNEER ONTVANG EK MY ERFPORSIE?
- Die L&D rekening word by die Meester van die Hooggeregshof ingedien vir goedkeuring.
- Nadat die L&D rekening deur die Meester goedgekeur is, adverteer die Eksekuteur die rekening en lê dit vir ‘n periode van 30 dae ter insae by die plaaslike Landdroshof (in die area waar die oorledene gewoon het), en by die Meester van die Hooggeregshof, vir inspeksie deur die publiek en/of enige ander belanghebbende persoon.
- Die L&D rekening word by die Meester van die Hooggeregshof ingedien vir goedkeuring.
- Indien daar geen besware in hierdie tyd aangeteken word nie, sal die Eksekuteur al die eise uitbetaal en die balans versprei na die erfgename, soos aangedui in die Testament.
C) WAT IS DIE PROSES INDIEN NOG ‘N BATE GEVIND WORD NADAT DIE BOEDEL AFGEHANDEL IS?
- Sodra die bate aangemeld word sal die Eksekuteur dit hanteer in ooreenstemming met die Testament. Afhangende van die aard en wesentlikheid daarvan, sal die Eksekuteur moontlik ‘n tweede L&D rekening by die Meester van die Hooggeregshof indien.
D) KAN MY ERFGENAME WAT OORSEE WOON HULLE ERFPORSIE ONTVANG?
- Indien jou erfgename FORMEEL GEËMIGREER het, is die proses baie eenvoudig.
- Indien die proses egter nog nie gefinaliseer is nie, sal die uitbetaling ook vertraag word totdat die proses afgehandel is, indien hulle steeds SA Burgers is.
E) WAT GEBEUR MET DIE GELD WAT EK AAN IEMAND GELEEN HET?
- Indien ‘n familielid jou geld skuld kan jy in jou Testament bepaal of dit terugbetaalbaar is, al dan nie.
- Indien ‘n buitestaander jou geld skuld, moet jy besluit of dit terugbetaalbaar is of nie.














