Testamente & Trusts
A) WAT GEBEUR INDIEN EK STERF SONDER ‘N TESTAMENT (INTESTAAT)
• Jou Boedel sal hanteer word in terme van die Intestate Erfopvolgings Wet 81 van 1987 en jou erfgename sal bepaal word volgens jou naasbestaandes (FAMILIE BOOM).
Hierdie is egter nie raadsaam nie, daarom word daar klem gelê op die belangrikheid van ‘n behoorlike en geldige Testament.
VOORDELE DAARAAN VERBONDE OM ‘N BEHOORLIK VOORBEREIDE TESTAMENT IN PLEK TE HÊ, VOOR AFSTERWE
- Jy kan jou eie erfgename benoem.
- Jy kan besluit hoe jou Bates na jou afsterwe hanteer en verdeel moet word.
- Dit bied jou die geleentheid om ‘n Trust in jou Testament te stig om die behoorlike versorging van minderjarige / gestremde kinders te verseker.
- Jy verhoed onnodige onmin tussen familielede na jou afsterwe.
- Jy verseker dat sekere Bates in die familie behoue bly.
- Jy kan donasies aan Welsynsorganisasies van jou keuse skenk.
- Jy kan ‘n professionele Eksekuteur van jou keuse aanstel.
- Jy kan voor afsterwe jou wense kommunikeer ten opsigte van lewensondersteunde prosedures en die hantering van jou liggaamlike oorskot.
B) MOET EK MY GESAMENTLIKE TESTAMENT WEER OPSTEL WANNEER MY EGGENOOT STERF?
- Afhangende van die voorwaardes uiteengesit in die Gesamentlike Testament, mag dit moontlik nie nodig wees nie.
- Dit is egter raadsaam om ‘n nuwe Testament op te stel, aangesien jou situasie verander het en jy komplikasies in die administrasie van jou Boedel wil vermy.
C) WAT IS ‘N TESTAMENTÊRE TRUST?
- ‘n Testamentêre Trust word gestig en gebruik om die erfporsie van minderjarige erfgename te beskerm.
- Die Eksekuteur sal die erfporsie uitbetaal aan die genomineerde Trustees, wat daarmee sal handel soos bepaal in die Testament.
- Dit is raadsaam om ten minste 3 (drie) Trustees te nomineer in ‘n Testament.
Die eerste onafhanklike Trustee moet in die Testament genomineer word, aangesien die Meester van die Hooggeregshof daarop aandring dat daar minstens een professionele Trustee aangestel word.
- Dit is raadsaam om ten minste 3 (drie) Trustees te nomineer in ‘n Testament.
- Dit is noodsaaklik om ‘n Testamentêre Trust op te stel om te verhoed dat minderjariges se erfporsie oorbetaal word aan die Voogdyskap Fonds.
- Dit is ook ‘n handige instrument om te gebruik wanneer daar ‘n kind met spesiale behoeftes is en / of om fondse beskikbaar te stel vir kinders wat hulle studies moet voltooi.
D) HOE WORD ‘N TESTAMENTÊRE TRUST GESTIG?
- Die Trust word in die Testament gestig.
- Die eerste onafhanklike Trustee moet in die Testament genoem word.
- Die Trustees mag slegs optree nadat die Meester van die Hooggeregshof hulle aangestel het.
- Die bepalings van die Testament gee streng riglyne aan die Trustees oor wat hulle mag en nie mag doen nie.
- Die Trustees moet die belange van beide die Inkomste en Kapitale Begunstigdes, indien verskillend, in gedagte hou.
- ‘n Trust kan moontlik beëindig word indien een van die volgende voorvalle of gebeurtenisse plaasvind:
- Indien jonger begunstigdes ‘n sekere ouderdom bereik, soos uiteengesit in die Testament; of
- Met die voltooiing van ‘n stel opvoedkundige doelwitte; of
- Indien ‘n spesifieke huwelik status bereik word; of
- Met die afsterwe van die inkomste begunstigde.
Dit is van uiterste belang om die besonderhede van die Trust in die Testament te oorweeg, aangesien dit nie na die dood kan verander nie en die Trustees mag slegs doen waarvoor hulle outoriteit ontvang het, soos in die Testament bepaal.
E) HOE WERK ‘N VOOGDYSKAP FONDS?
- Dit mag ‘n vereiste wees dat die erflating van ‘n minderjarige begunstigde in die Voogdyskap Fonds betaal word.
- ‘n Voogdyskap Fonds word deur die Meester van die Hooggeregshof hanteer namens ‘n minderjarige begunstigde.
- Dit moet, en kan, ten alle koste vermy word, deur deeglike Boedel beplanning, soos byvoorbeeld die opstel van ‘n Trust vir die minderjarige erfgename.














