Dienste
Wat ons offer
Ons is gekwalifiseer om jou by te staan met die behoorlike beplanning van jou persoonlike boedel en die opstel van ‘n Testament, terwyl jy nog leef.
Sien hieronder 'n lys van ons dienste:
Ons is gekwalifiseer om jou by te staan met die behoorlike beplanning van jou persoonlike boedel en die opstel van ‘n Testament, terwyl jy nog leef.
VOORDELE VERBONDE AAN BEHOORLIKE BOEDEL BEPLANNING :
• Vermindering van die 20% Boedelbelasting betaling.
• Beplanning om voldoende kontant in die Boedel beskikbaar te hê om enige bykomende kostes en belasting te dek.
• Toets van likiditeit in die Boedel om te verhoed dat Vaste Bates verkoop moet word ten einde finansies te verkry om die Boedel af te handel.
• Opstel van ‘n intervivos Trust.
• Opstel van ‘n geldige Testament.
• Verskuiwing van hoë-groei bates na ‘n Trust.
Ons kan jou behulpsaam wees met die opstel van ‘n Testament om te verseker dat jou wense uitgevoer word na jou afsterwe.
VOORDELE DAARAAN VERBONDE OM ‘N GELDIGE TESTAMENT OP TE STEL VOOR DOOD
• Jy benoem jou eie erfgename.
• Jy besluit wat moet gebeur met jou bates na jou dood.
• Die geleentheid om ‘n Trust te stig om voorsiening te maak vir die versorging van minderjarige/gestremde kinders.
• Vermy ongelukkigheid en twis tussen familielede na jou dood.
• Verseker dat sekere bates vir die familie behoue bly.
• Jy het die geleentheid om skenkings te maak aan Liefdadigheidsorganisasies van jou keuse.
• Aanstelling van ‘n professionele Eksekuteur van jou keuse.
• Kommunikeer jou wense rondom lewens ondersteunende prosedures en jou liggaamlike oorskot, terwyl jy nog leef en by jou volle positiewe is.
Voltooi asseblief ons generiese vraelys deur die volgende skakel te druk vir ‘n oorsig van jou persoonlike omstandighede, alvorens ‘n gratis konsultasie gereël kan word.
Ons is ten volle bevoeg en gekwalifiseerd om op te tree as Eksekuteurs van ‘n bestorwe boedel.
VOORDELE DAARAAN VERBONDE OM ONS AAN TE STEL AS EKSEKUTEURS VAN JOU BOEDEL, SOWEL AS TRUSTEES VAN ENIGE TRUSTS GESTIG IN TERME VAN JOU TESTATMENT :
• Ons ken jou en jou familie.
• As kundiges hoef ons nie streng volgens die Wet op te tree nie, en indien nodig, kan tussentydse uitbetalings aan die erfgename gemaak word.
• Ons ken jou besigheid en kan, as Eksekuteur, ‘n waardasie doen en indien nodig, dit verkoop.
• Ons sal jou uitstaande Belasting Opgawes hanteer.
• Ons sal sorg dat jou Boedel in die kortste moontlike tyd afgehandel word.
• Ons sal toesien tot die registrasie van enige Trusts wat in terme van jou Testament opgestel moet word.
• Ons kan optree as Trustees in enige Trusts wat in terme van jou Testament opgestel moet word.
‘n Trust kan ‘n belangrike rol speel in sake beplanning, maar die opstel van ‘n Trust moet met sorg hanteer word – veral omdat SARS al meer aandag aan Trusts gee.
Ons kan behulpsaam wees met die volgende:
• ‘n Konsultasie oor die voordele/nadele van ‘n Trust en die Wetlike vereistes daarvan.
• Die opstel van ‘n geldige Trustakte.
• Registrasie van die Trust Akte by die Meester van die Hooggeregshof.
• Optree as Professionele Trustee.
• Verseker dat die Trust se boeke op datum gehou word ingevolge die Trust Akte en Belasting Wet.
• Verseker dat daar aan al die Wetlike vereistes voldoen word deur die nodige Trustee vergaderings te hou en deur die bepalings, soos vervat in die Trust Akte, streng na te kom.
In beginsel is ‘n Trust ‘n kontrak tussen die Skenker, die Trustees en die Begunstigdes, waar die Skenker die Trustees aanstel om na die Trust Bates om te sien, tot voordeel van die Begunstigdes.
Die belasting implikasies van ‘n Trust is dat die Skenker, Trust of Begunstigdes belas kan word, afhangende van hoe die Trust Akte opgestel is.
Die ergste scenario is dat die Trust se Inkomste belas kan word binne die Trust teen ‘n koers van 45%.
Die behoorlike beplanning en opstel van ‘n Trustakte is uiters belangrik, om sodoende latere probleme te verhoed en uit te skakel.
Hiermee ‘n paar voordele van ‘n behoorlik voorbereide Trust :
• Aansienlike besparing van Boedel belasting met afsterwe.
• Bates kan teen krediteure verseker word indien ‘n besigheid misluk.
• Ideaal vir die groei van bates.
• ‘n Handige hulpmiddel om na minderjarige / gestremde kinders om te sien na afsterwe.
Ons kan jou bystaan met die volgende Administratiewe verpligtinge:
• Aanstelling as professionele Trustee.
• Verseker dat die Trustees die bepalings nakom soos vervat in die Trust Akte.
• Hantering van die oudit of voorbereiding van die jaarlikse Finansiële State.
• Reël en ko-ordineer van die verpligte jaarlikse Trustee vergaderings.
• Bystand met die belasting beplanning ten opsigte van die verdeling van die Kapitaal / Inkomste aan die Begunstigdes.
• Voltooi en indien van die jaarlikse Belastingopgawes.




















