loader image

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Boedel Belasting Betaalbaar

A) WAT IS BOEDELBELASTING EN WIE BETAAL DIT?

Boedelbelasting is erfenis belasting (ook bekend as Estate Tax or Death Duty).

Dit is ‘n belasting wat gehef word met die afsterwe van ‘n persoon en die Boedel word belas op grond van die netto waarde daarvan.

    • TARIEWE
      • Heffing van oorledene op/of na 1 Maart 2018:
        • 20% heffing op die eerste R30M belasbare Boedel;
        • 25% op die belasbare Boedel oor R30M.
    • KWYTSKELDING/UITSONDERINGS
      • Die eerste R3,5M;
      • Enige erflating aan die oorlewende eggenoot;
      • Enige bemaking aan ‘n Openbare Welsynorganisasie (PBO);
      • Sedert 1 Januarie 2010, kan die ongebruikte porsie van die kwytskelding van die eerste eggenoot wat gesterf het, oorgedra word na die Boedel van die laaste eggenoot toe;
      • Tans is die maksimum kwytskelding/vrystelling R7M.

B) WATTER ANDER BELASTING SAL BETAALBAAR WEES?

    • Alle vorige Belasting opgawes en Belasting skuld moet ten volle betaal word deur die Eksekuteur.
    • Daar word aangeneem dat jy een minuut voordat jy gesterf het, ONTSLAE GERAAK HET VAN AL JOU BATES, en dit kan veroorsaak dat Kapitaalwinsbelasting ook betaal moet word in jou laaste opgawe.
    • Indien jy die eienaar van ‘n besigheid was en geregistreer was vir BTW, sal BTW ook betaalbaar wees op die geagte waarde van jou besigheids bates.
    • Die Eksekuteur moet ook die Boedel as ‘n Belastingbetaler registreer en alle inkomste en kapitaalwins/verliese sal in  die Boedel in berekening gebring word op die na-dood transaksies.
    • Die Boedel kan nie gefinaliseer en afgehandel word, alvorens alle Belasting opgawes (voor en na dood) nie ingedien en alle Belasting verskuldig betaal is nie.
    • SARS het toegang tot die L&D rekening en kan beswaar aanteken indien hulle bevind dat daar nie voldoende voorsiening gemaak is vir die verskeie Belasting verpligtinge nie.
    • Die Eksekuteur sal ook enige bedrae invorder wat deur SARS aan die oorledene verskuldig is.

C) SAL DIE BOEDEL BELAS WORD INDIEN EK BESLUIT OM MY BATES DEUR MIDDEL VAN DONASIES TE VERDEEL?

    • ‘n Persoon word toegelaat om tot R100 000-00, per Belastingjaar, Belastingvry te skenk aan enige persoon met uitsluiting van donasies aan ‘n Nie-Winsgewende Organisasie (NWO).
    • Enige bedrag wat die bogenoemde R100 000-00 oorskry, sal belas word teen 20% en is betaalbaar deur die Donateur.
    • Donasies kan effektief aangewend word as ‘n hulpmiddel om ‘n Boedel te verklein, indien behoorlike Boedel beplanning gedoen word.
    • Enige donasie aan ‘n Nie-Winsgewende Organisasie (NWO), voor- of na afsterwe, is vrygestel van Donasie Belasting.
    • Effektief vanaf 1 Maart 2018, sal alle donasies wat R30 miljoen per Belastingjaar oorskry, onderhewig wees aan Donasie Belasting van 25%.
Termes en Voorwaardes