loader image

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Hantering van vuurwapens

A) EKSEKUTEUR SE PLIGTE

    • Die Eksekuteur tree in verbinding met die Sentrale Vuurwapenbeheer Register (CFCR Central Firearms Control Registry) ten einde te bevestig dat die vuurwapen(s) wel in die oorledene se naam geregistreer is.
    • Indien daar ‘n vuurwapen(s) is, sal die Eksekuteur:
      • Die eggenoot / familie kontak en uitvind waar die vuurwapen(s) in veilige bewaring gehou word, asook die besonderhede neem van die persoon wat die vuurwapen(s) hou;
      • Bevestig dat dit korrek in bewaring gehou word, in gevolge Regulasie 86 van die Wet;
      • Bevestig dat al die erfgename kennis dra van waar al die vuurwapen(s) wat deur CFCR genoem word, gehou word en dat dit in veilige bewaring is;
      • Kommunikeer alle instruksies oor die vuurwapen(s).

B) OORDRAG VAN DIE VUURWAPEN(S)

1) ERFGENAME

Die Eksekuteur sal die volgende bevestig:

      • Dat die erfgenaam aan Regulasie 86 voldoen;
      • Wil die erfgenaam die vuurwapen(s) besit;

Indien wel, sal die Eksekuteur die erfgenaam voorsien van ‘n Beëdigde Verklaring geteken en gesertifiseer deur die SAPS met verwysing na Regulasie 86.

      • Met die ontvangs van die Eksekuteurs Brief, word die erfgenaam voorsien met ‘n SAPS 539 sertifikaat, wat hom / haar die toestemming gee om die vuurwapen te stoor vir ‘n tydperk wat bepaal word deur die SAPS.
      • Die Eksekuteur sal ook die erfgenaam voorsien van ‘n SAPS 271 vorm.
      • Die erfgenaam moet ‘n bevoegdheid kursus voltooi en die sertifikaat wat verkry word, moet saam met die aansoekvorm by die SAPD ingedien word, vir versending aan die Sentrale Vuurwapen Beheer Register.

2) ANDER VUURWAPEN HANDELAAR

    • Indien die erfgenaam nie aan Regulasie 86 voldoen nie, word daar van ‘n Vuurwapen Handelaar gebruik gemaak.
    • Die vuurwapen(s) word by die Handelaar gehou totdat die erfgenaam gelisensieer is om die vuurwapen(s) te hou.
    • Die Eksekuteur sal die Handelaar voorsien met ‘n SAPS 534-vorm om die vuurwapen(s) in hulle Handelaars voorraad op te neem.
    • Sodra die Eksekuteur ‘n bewys ontvang van die Handelaar, op ‘n briefhoof wat die kode van die Handelaar weerspieël en bevestig dat hy die vuurwapen(s) besit, sal die Eksekuteur wag op ‘n afskrif van die voltooide en ondertekende SAPS 534 en SAPS 350 (a) -vorms.
    • Die Eksekuteur sal gereeld met die CFCR opvolg totdat bevestiging van die oordrag van eienaarskap ontvang is.
    • Dit word dan die verantwoordelikheid van die Handelaar om met die erfgenaam te skakel en seker te maak dat die oordrag vorms ontvang word.

3) WETTIGE WAPEN

    • Die Eksekuteur laat nie toe dat derde partye vuurwapens berg nie.
    • Die vuurwapen(s) moet by ‘n Handelaar geberg word totdat die erfgenaam se lisensie uitgereik is om te verseker dat die vuurwapen(s) wat in die Handelaar se voorraad is nie meer in die naam van die oorledene verskyn nie.

4) VERNIETIGING VAN VUURWAPEN(S)

    • Sodra die erfgename die Eksekuteur in kennis stel dat hulle die vuurwapens wil vernietig, gaan die Eksekuteur onmiddellik oor in aksie, veral as dit nie korrek geberg is ingevolge Regulasie 86 nie.
    • Die Eksekuteur skakel die naaste SAPS tak en versoek dat die vuurwapen(s) afgehaal en vernietig word.
    • Die Eksekuteur sal dan opvolg met die CFCR om te bevestig dat die vuurwapen(s) van die oorledene se naam verwyder is.

5) DE-AKTIVERING VAN VUURWAPEN(S)

    • Die Handelaar / RAM Koeriers tref reëlings om die vuurwapen(s) af te haal.
    • Die Eksekuteur voorsien instruksies en dokumente aan die handelaar om die vuurwapen(s) aan te hou, of bevestig dat dit by die SAPS ingehandig is.
    • Die SAPS stuur die vuurwapen(s) vir ballistiese toetsing en die vuurwapens word teruggeneem na die SAPS binne ‘n paar maande.
    • Die Handelaar ontvang die voltooide dokumente wat oor die vuurwapen(s) handel en behartig dan die de-aktivering dokumente.
    • Hierdie dokumente word dan ingedien by die Provinsiale kantoor.
    • Die vuurwapen(s) lisensie(s) word dan van die oorledene se naam verwyder binne ‘n paar maande.
    • Die de-aktivering van ‘n vuurwapen neem slegs ‘n paar dae om af te handel, so ook om die oorledene se naam van die vuurwapen(s) te verwyder, maar die ballistiese toetsing kan tot 2 jaar duur om te voltooi.

 

C) VERLORE / GESTEELDE VUURWAPEN(S)

    • In hierdie geval sal die erfgename die Eksekuteur in kennis stel dat hy / sy nie weet waar die vuurwapen(s) is nie.
    • Die Eksekuteur versamel dan soveel inligting as moontlik, voltooi ‘n Beëdigde Verklaring en gaan dan fisies na die SAPD om die vuurwapens wat verlore / gesteel is aan te meld.
    • Die SAPD sal dan ‘n dossier oopmaak en sal dit aan die polisiekantoor stuur, naaste aan die laaste adres van die oorledene, vir die speurders om verdere ondersoek in te stel.

D) FINALE PAPIERWERK

Die Eksekuteur verkry bewys deur middel van vorm 10.2.3 en Sertifikaat 8.1.2.4 en sluit dan die lêer.

Termes en Voorwaardes