loader image

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Generic selectors
Exact matches only
Search in title
Search in content
Post Type Selectors

Hantering van Ander Uitgawes

A) WATTER UITGAWES WORD DEUR DIE BOEDEL BETAAL?

    • Die begrafnis onkostes kan betaal word by wyse van ‘n waarborg wat die Eksekuteur verskaf, maar die beste manier is om hierdie uitgawes te dek deur ‘n begrafnispolis, of voorsiening te maak vir kontant daarvoor;
    • Die Eksekuteur sal die eggenoot / kind / familielid terugbetaal uit die boedel, indien hulle die begrafniskoste betaal het tydens die administrasie proses, maar dit kan egter ‘n paar maande duur;
    • Alle uitstaande skuld van die oorledene;
    • Eksekuteurs fooie;
    • Die Meester van die Hooggeregshof se fooie;
    • Uitstaande Belasting voor afsterwe;
    • Alle uitstaande Belasting na afsterwe;
    • Boedel Administrasie kostes;
    • Verband Kansellasie fooie;
    • Oordrag en Aktebesorgers fooie;
    • Enige ander professionele fooie vir werk gedoen wat nie deel van die Eksekuteur se verpligtinge is nie.

B) BETAAL EK STEEDS MY REKENINGE WAT RENTES HEF SOOS KREDIETKAARTE, HUISLENINGS ENS?

    • Na afsterwe sal die rente heffings op die rekeninge steeds voortgaan.
    • Indien moontlik, moet die oorlewende eggenoot steeds die maandelikse betalings op datum hou.
    • Die Eksekuteur sal die uitstaande bedrae vereffen, indien daar voldoende kontant / lewensversekerings uitbetalings beskikbaar is.

C) WANNEER SAL KONTANT BESKIKBAAR GESTEL WORD VIR LEWENSKOSTES?

    • Daar is voorsorg getref in die Wet vir die Eksekuteur wat dit moontlik maak om ‘n voorskot aan die eggenoot te gee vir lewenskostes tydens die administrasie proses.

    • Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat die langslewende eggenoot nie onmiddellike toegang tot kontant het nie, aangesien dit ‘n lang tyd kan neem om te reël vir ‘n voorskot.
    • Die Boedel moet eers by die Meester van die Hooggeregshof aangemeld word, waarna die Eksekuteur aangestel word.
    • Na die aanstelling kan die Eksekuteur ‘n Boedel Bankrekening open ten einde die fondse te ontvang.
    • Sodra die Boedel Bankrekening geopen is, kan die Eksekuteur versoek dat beide Banke en Versekerings Instansies, gelde direk na die Boedel Bankrekening oorplaas.
    • DIE BESTE OPSIE IS STEEDS OM KONTANT BESKIKBAAR TE HÊ IN ‘N APARTE REKENING OM AL DIE BEGRAFNIS ONKOSTES TE DEK EN OM VOORSIENING TE MAAK VIR TEN MINSTE 2 TOT 3 MAANDE SE UITGAWES.

 

D) WAT GEBEUR MET DIE HUISHULP EN TUINIER?

    • In ooreenstemming met die Wet, is die Eksekuteur verplig om enige uitstaande salarisse en/of enige ander bedrae aan die werkers verskuldig te betaal, sowel as enige verskuldigde verlof.
    • Jy moet ook besluit wat met jou diere gaan gebeur na jou afsterwe, en indien moontlik, duidelike instruksies in jou Testament daaroor gee.

E) WAT IS ‘N LIKWIDASIE EN DISTRIBUSIE (L&D) REKENING?

    • Dit is ‘n omvattende lys van die oorledene se Bates en Laste, wat die waarde daarvan reflekteer op datum van dood.
    • Hierdie rekening moet in ‘n spesifieke formaat uiteengesit word soos bepaal deur die Meester van die Hooggeregshof.
    • Die name en aanspraak van elke begunstigde verskyn in die rekening.
    • Na goedkeuring van die rekening deur die Meester, sal dit ter insae lê by die plaaslike Landdroshof, en die Meester van die Hooggeregshof se kantore, vir inspeksie deur die publiek/belanghebbendes, vir ‘n tydperk van 30 dae.
    • Gedurende hierdie 30 dae kan die publiek/belanghebbendes ‘n beswaar indien teen die rekening.
Termes en Voorwaardes