Firma Profiel
Leer ken ons span
Die Span
Albertus van Brakel
(SA), MCom Besigheid Bestuur (UJ), Boedel Administrasie (Unisa)

Albertus het gedurende 1978 voltyds geregistreer vir sy BCom Rekeningkunde Graad by die destydse Rand Afrikaanse Universiteit (RAU).
Daarna het hy sy internskap begin by een van die 5 (vyf) grootste Internasionale Ouditeurs firmas op daardie stadium, Arthur Anderson & Vennote, terwyl hy deeltyds studeer het vir sy BCom Honeurs Graad.

Hy kwalifiseer as a Geoktrooieerde Rekenmeester gedurende 1983 en studeer deeltyds verder by RAU en verwerf sy MCom Besigheid Bestuur Graad in 1986.
Na afhandeling van sy internskap het hy aangesluit by die Toyota Suid-Afrika (TSA) groep en was hy werksaam by hul hoofkantoor in Wynberg, Gauteng as die Finansiële Bestuurder waar hy rapporteer het aan die Finansiële Direkteur.
Na ‘n aantal jare by TSA, sluit hy aan by die HL & H groep en is werksaam by hul hoofkantoor in Braamfontein, as Strategiese Beplannings Bestuurder. Later is hy bevorder tot Bosbou Finansiële Bestuurder van die groep en rapporteer hy aan die Finansiële Direkteur en die Hoof Uitvoerende Beampte van die groep.

Gedurende 1994 besluit hy om sy eie besigheid te stig, die steeds bestaande AG Van Brakel & Assosiate Ingelyf (AGvB Ing).
Albertus fokus nou op Boekhouding, Belasting, Bestuursdienste, Boedel Beplanning en die Administrasie van Bestorwe Boedels.

Hy voltooi sy Diploma in Boedel Beplanning gedurende 2007, deur Unisa.
Die Personeel
Die meeste van ons personeel is al vir baie jare werksaam by die firma, selfs so vroeg as 1994, en het gesamentlik meer as 30 (dertig) jaar ondervinding in algemene Rekeningkunde en Belasting.
Ons het ook werknemers wat voltyds aangeleenthede met SARS virtueel hanteer, ten einde die beste diens aan ons kliënte te verseker.
Die primêre doel van Trigon is om pro-aktief op te tree. Ons poog daarna om moontlike probleme te identifiseer en ons kliënte te adviseer oor strategieë om hierdie probleme te vermy.
Ons doelwit is om as Boedelbeplanners op te tree vir individue, wat kundige advies benodig, oor die beplanning en uitvoering van hul persoonlike boedels.
Ons is passievol oor die manier waarop ons besigheid bedryf word en sien onsself dus as JOU BOEDELBEPLANNINGS VENNOOT.
Ons dienste sluit in die opstel van ‘n behoorlike Boedel plan, die voorbereiding van jou Testament, en uiteindelik die gepaardgaande gemoedsrus vir jou en jou familie, wanneer jy nie meer vir jouself kan praat nie.
Ons glo werklik dat dit ons reputasie, kwalifikasies en kundigheid is wat ons onderskei van ons mededingers en ons fokus doelbewus op verhoudings, beskikbaarheid, hulp en ondersteuning.
AGvB ING is ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters, (SAICA), sedert ons inlywing gedurende 1994.
Ons is ook geregistreer by die Onafhanklike Regulerende Raad vir Ouditeure (IRBA) en as Belasting Praktisyns by SARS.
Die akademiese prestasies van die stigterslede en personeel van die firma sluit in, GR(SA) en MBA, sowel as ‘n Diploma in Boedel Beplanning en Administrasie. Verwys na ons span vir meer besonderhede.
Ons glo dat voortdurende vernuwing en verbetering belangrik en noodsaaklik is, ten einde te verseker dat ons kliënte die beste advies en diens kry.
Ons waardes
Integriteit :
Integriteit is vir ons ononderhandelbaar. Ons glo in die gesegde: “Wanneer jy met integriteit leef, sal jy jouself nooit hoef te verduidelik nie”.
Verbetering :
Ons streef altyd na sukses en poog om vorige prestasies te verbeter, daarom glo ons aan deurlopende professionele opleiding en is ons voortdurend opsoek na nuwe, verbeterde metodes om ons diens aan ons kliënte te verbeter.
Stiptelikheid :
Dit is ook vir ons ononderhandelbaar – “Wees betyds”.
Betroubaarheid :
Wees betroubaar, beskikbaar en handhaaf hoë morele waardes en standaarde
Persoonlike Omgee :
Ons streef daarna om die familie met deernis en omgee by te staan, en sal uit ons pad gaan om hulle te ondersteun tydens die traumatiese tyd na die afsterwe van ‘n geliefde.
Sosiale Verantwoordelikheid
Hierdie NIE-WINSGEWENDE ORGANISASIE lê ons baie na aan die hart en Albertus van Brakel was een van die stigterslede van hierdie Nie-Winsgewende Organisasie gedurende 2007/2008.
Albertus was vir ‘n aantal jare die Finansiële Direkteur van die “NPC” en het ‘n groot rol gespeel in die opstel en implimentering van finansiële- en bestuurstrukture.
Die primêre fokus van die “NPC” is om mishandelde vroue en hul kinders by te staan, om hul lewensvaardighede te leer, en hulle te help om hul eiewaarde terug te vind.
Ons speel steeds ‘n groot rol in hul finansiële welstand en staan die begunstigdes by met advies oor Boedel beplanning.
Indien jy meer wil uitvind oor die organisasie, óf indien jy jou dienste wil aanbied, kontak Melodie per epos, melodie@thecradleofhope.org of besoek hulle webtuiste, http://thecradleofhope.org/.
The Cradle Of Hope het Albertus in 2012 genader en gevra om betrokke te wees by hierdie program.
Ons staan ook hierdie program by met finansiële hulp en bestuursadvies en ons dien as klankbord vir hulle nuwe uitdagings.
Kinders in arm gemeenskappe word dikwels weens ‘n tekort aan geld benadeel ten opsigte van voorskoolse onderwys. Tjokkertjies vir Jesus se hoof fokus is om kinders van ‘n arm gemeenskap te onderrig, om sodoende die ketting van armoede en geen opleiding, te verbreek. Skoolgereedheid is van kritiese belang om te verseker dat ‘n kind ‘n kans gegun word in die lewe.
The Cradle of Hope poog om uitstekende onderrig te verskaf aan 80 (tagtig) kinders, wat onder normale omstandighede nie ‘n pre-primêre skool sou kon bywoon nie.
Kontak Melodie per epos, melodie@thecradleofhope.org of besoek hul webtuiste, http://thecradleofhope.org/ vir meer inligting oor hierdie programme.














