Persoonlike Dokumente
Benodig om 'n Boedel aan te meld
NEEM ASSEBLIEF KENNIS DAT INDIEN DIE OORLEDENE BINNE GEMEENSKAP VAN GOED GETROUD WAS, SAL DIE RIGLYNE HIERONDER GELYS OOK VAN TOEPASSING WEES OP DIE OORLEWENDE EGGENOOT.
A) LEWENSVERSEKERING DOKUMENTE
- Die Eksekuteur benodig die besonderhede van alle lewensversekerings- en annuïteit polisse betaalbaar aan die Boedel, ‘n genomineerde begunstigde of ‘n gesedeerde 3de party wat aangestel is om enige uitstaande skuld te vereffen.
- Die Eksekuteur benodig die oorspronklike polis dokumente van al die polisse wat aan die Boedel betaalbaar is, ten einde die invordering daarvan te kan doen.
- Die Eksekuteur benodig alle inligting rakende die versekering van die oorledene se bates, insluitend die nuutste polis skedule, en indien moontlik, die besonderhede van die premies asook die persoon wie dit betaal het.
- Die Eksekuteur benodig die besonderhede van alle lewensversekerings- en annuïteit polisse betaalbaar aan die Boedel, ‘n genomineerde begunstigde of ‘n gesedeerde 3de party wat aangestel is om enige uitstaande skuld te vereffen.
B) BELEGGINGS DOKUMENTE
- Die Eksekuteur benodig die besonderhede van die oorledene se Bankrekening en beleggings, insluitende Vaste Deposito’s, Effektetrust Aandele en ander bronne van inkomste.
C) MEDIESE FONDS DOKUMENTE
- Die Eksekuteur benodig die naam, adres en mediese fonds nommer van die oorledene.
D) ANDER PERSOONLIKE DOKUMENTE
- Die oorspronklike Sterftesertifikaat;
- Oorspronklike ID / Paspoort;
- Huwelik Sertifikaat (indien van toepassing);
- Voorhuwelikse Kontrak (indien van toepassing);
- Afskrif van die Egskeidingsbevel (indien van toepassing);
- Besonderhede van enige Vaste Eiendomme en hulle oorspronklike Titelakte, of die besonderhede van enige Verband, insluitende die rekening nommers asook inligting rakende krediet-lewensdekking op enige uitstaande saldo’s;
- Besonderhede van motorvoertuie of enige ander roerende bates bv. bote, woonwaens, sleepwaens en die registrasiesertifikate of kredietooreenkomste indien bates nog gefinansier is;
- Besonderhede van enige Vaste Eiendomme en hulle oorspronklike Titelakte, of die besonderhede van enige Verband, insluitende die rekening nommers asook inligting rakende krediet-lewensdekking op enige uitstaande saldo’s;
- Besonderhede van enige vuurwapens, insluitend die vuurwapenlisensie, en bevestiging dat die vuurwapens in ‘n goedgekeurde kluis toegesluit is en so bewaar word – sien ons artikel oor die hantering van vuurwapens;
- Besonderhede van direkte aandele in JSE Maatskappye, insluitende die oorspronklike aandeelsertifikate;
- Alle besonderhede rakende laste soos krediet- of debiet kaarte. Hierdie kaarte moet vernietig word en aan die betrokke ondernemings terugbesorg word;
- Alle besonderhede rakende kleinhandel-, mediese-, selfoon- of ander rekeninge, asook besonderhede van enige TV-lisensies in die naam van die oorledene;
- Afskrifte van die laaste water- en elektrisiteitsrekening, asook besonderhede rakende die betaling van heffings indien die eiendom in ‘n aandeleblok skema is, of ‘n deeltitel-eenheid is;
- Name, adresse en verwysings nommers van die werkgewer se pensioenfonds;
- Name, adresse, eposse en telefoon nommers van al die erfgename;
- Name en adresse van al die kinders;
- Inkomstebelasting nommer van oorledene en naam van die Belasting Praktisyn;
- Besonderhede van al die oorledene se besigheidsbelange, insluitende Eenmansake, BK’s en Privaat maatskappye.














